Jy is hier:: Tuisblad Verkoopsvoorwaardes

CMW Elite Afslaers - Verkoopsvoorwaardes

1. Alle goedere en/of lewendehawe (hierna verwys as die “bate) word deur CMW Elite Afslaers (hierna verwys as die Afslaers) namens die Verkoper verkoop.
 
2. Die Verkoper erken dat daar geen beswaring op sodanige bates is nie, en dat dit sy eiendom is.
 
3. Die Afslaers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beswerings of waarborge wat in katalogusse of advertensies verskyn nie of wat mondelings deur sy amptenare of ‘n Verkoper gemaak word nie.
 
4. Die Verkoper wat enige bate vir verkoop aanbied, aanvaar alle aanspreeklikheid met betrekking tot inligting oor teling, geslag, ouderdomme, datums van dekking, gesondheidstoestand of enige ander besonderhede wat foutief mag wees, en die Koper se enigste reg van verhaal ingeval van ‘n dispuut sal teen die Verkoper wees.
 
5. Die koper sal nie geregtig wees om betaling van die koopprys aan die Afslaers te weerhou op grond van skuldvergelyking of enige moontlike of hangende eis wat hy teen die Verkoper of op grond van wanvoorstelling of om welke rede ook mag hê nie.
 
6. In die geval waar die Afslaers vereis dat die Kopers moet registreer sal die geregistreerde Koper, wat toelaat dat ‘n ander persoon aankope op sy koperskaart doen, aanspreeklik wees vir die betaling van sodanige aankope.
 
7. Geen bod van ‘n voornemende Koper, wat nie geregistreer is nie, sal aanvaar word nie en so ‘n Koper sal nie aanspraak mag maak op die goed wat hy beweer hy gekoop het nie.
 
8. Onderworpe aan enige reserwe wat deur die verkoper op enige betrokke bate geplaas is, sal die hoogste bieër die Koper wees.
 
9. Alles bates sal onmiddellik nadat die bod toegestaan is as afgelewer aan die Koper beskou word.
 
10. Vanaf die oomblik van aflewering sal alle risiko’s, wins of verlies ten opsigte van die bates op die Koper oorgaan, wat dit op sy eie koste van die veilingsterrein moet verwyder.
 
11. Indien ‘n Vervoerkontrakteur enige bates na of van ‘n veilingsterrein vervoer, geskied dit op risiko van die Verkoper/Koper en die Vervoerkontrakteur sal geag word as die agent van die Verkoper/Koper te wees ongeag of die Vervoerkontrakteur d.m.v. die Afslaers opdrag gekry het om die bates te vervoer.
 
12. Die afslaers behou die reg voor om die bod van enige persoon te weier, om die bieëry te reël, die hooste bieër aan te wys en om die volgorde van die verkoping te enige tyd sonder verstrekking van redes, te wysig. Indien die Afslaer vermoed dat ‘n bieër nie in staat is om die koopprys te betaal nie of hy weier om die bod van so ‘n bieër te aanvaar of hy kan dit voorwaardelik aanvaar totdat die bieër hom oortuig het dat hy in staat is om die koopprys te betaal of bevredigende reëlings vir die betaling daarvan getref het. By die weiering van ‘n bod in die omstandighede, kan die bate onmiddellik weer vir verkoping aangebied word.
 
13. Indien daar ‘n verskil tussen bieërs onstaan, sal die bate waaroor die geskil gaan volgens die diskresie van die Afslaers, weer vir verkoping aangebied word.
 
14. Die Afslaers sal nie aanspreeklik wees vir die skade opgedoen t.o.v. enige optrede van die Afslaers of sy helpers nie. Die Afslaers sal geregtig wees om in sy eie diskresie enige bate(s) her op te veil.
 
15. Alle bates word “voetstoots” verkoop en die Afslaers sal nie aanspreeklik wees vir enige gebreke, verborge of andersins, wat met of sonder die wete van die Afslaers bestaan het.
 
16. Die koper sal homself vooraf vergewis of daar enige gebreke aan die bate is, en enige bod deur ‘n Koper sal beskou word as aanvaarding van die bate met sy gebreke of in die toestand dit ten tye van die verkoping daarvan is.
 
17. Die afslaers sal geensins verantwoordelik wees vir enige verlies/skade veroorsaak aan enige bates terwyl dit onder sy toesig/beheer of die van sy werknemers is nie nieteenstaande ‘n onderneming om die bate te versorg, te versend of af te lewer nie.
 
18. Die koopprys van die bates is voor verwydering daarvan betaalbaar slegs in kontant of by wys van ‘n bankgewaarborgde tjek aan die Afslaers voor die afloop van die dag se verrigtinge, tensy spesifiek en bevredigende reëlings vir die krediet vooraf met die Afslaers getrek is en dit skriftelik deur die Afslaers bevestig is.
 
19. Die afslaers behou die reg voor om te enige tyd ‘n tjek as betaling te weier.
 
20. Eiendomsreg sal nie na Koper oorgaan alvorens die volle koopprys plus rente, indien betaalbaar, aan die Afslaers vereffen is nie, hoewel hy besit en beheer daarvan kry.
 
21. Die Koper onderneem om die aangekoopte bates so te identifiseer, dat hy te enige tyd die bates, wat geag die eiendom van/verpand te wees aan die Afslaers, uit te wys en te identifiseer.
 
22. Die Verkoper dra en sedeer al sy regte, insluitende die reg van aksie asook eindomreg, by die toestaan van die bod en onderhewig aan bevestiging van die verkoping aan die Afslaer oor wie oordrag en sessie daarvan aanvaar.
 
23. Die koper stem hiermee toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof kragtens Artikel 45 van die Wet op Landdroshowe (Wet 32 van 1994 soos gewysig) vir enige aksie wat die Afslaers teen die Koper mag instel hoewel dit die Afslaers vry staan om aksie in enige ander bevoegde hof in te stel.
 
24. By wanbetaling van die koopprys deur die Koper, sal die Afslaers geregtig wees om volgens sy eie diskresie:
 
24.1 Rente teen die maksimum toelaatbare koers van die Afslaers se Bankiers bereken vanaf aankoop datum van betaling, van die Koper te eis. Genoemde rente sal maandeliks gekapitaliseer word en tot  die hoof bedrag bygevoeg en die geheel sal die hoofskuld vorm wat verdere rente sal dra. Rente sal eerstens afgelos word uit betaling ontvang waarna betaling teen kapitaal aangewend sal word.
24.2 Die bate in herbesit te neem, te herverkoop op risiko van die wanpresterende Koper, wat alle koste i.v.m. die herverkoping en enige verlies en/of skade wat gely mag word, sal dra, en nie geregtig sal wees op enige voordeel wat uit die herverkoping mag voortvloei nie; of
24.3 Regsaksie in sy eie naam in te stel vir die betaling van die bedrag verskuldig vir die teruglewering van die bates in welke geval die voorwaardes in 24.2 hierbo van toepassing sal wees ; en
24.4 Betaling van die Afslaers se regskoste op die prokureur / kliënt skaal insluitende invorderingsgelde van die Koper te eis.
 
25. Die inskrywing in die veilingsrol van die Afslaers sal Prima Facie bewys wees van die transaksie soos daarin aangeteken en sal bindend wees op die Verkoper en die Koper.
 
26. ‘n Sertifikaat uitgereik deur ‘n Bestuur van die Afslaers sal Prima Facie bewys wees vir gelde verskuldig deur die Koper en aan die Verkoper.
 
27. Enige persoon wat namens ‘n prinsipaal aankope doen, moet voor die aanvang van die bieëry die Afslaers daarvan in kennis stel by wyse van ‘n geskrewe volmag waarin toestemming aan hom gegee word om namens Sodanige prinsipaal op te tree, by gebreke waarvan die betrokke persoon verantwoordelik sal wees vir betaling van alle aankope deur hom gedoen.
 
28. Enige uitstel of tegemoetkoming wat die Afslaers aan die Koper mag toestaan, geskied sonder benadeling van die Afslaers se regte kragtens hierdie voorwaardes en sodanig uitstel of tegemoetkoming sla nie ‘n wysiging of novasie van hierdie voorwaardes meebring nie.
 
29. Alle persone wat die terrein van die verkoping betree, doen dit op hul eie verantwoordelikheid en risiko en die Afslaers sal nie verantwoordelik wees vir enige beserings, skade of verliese van welke aard ook al nie.
 
30. Die Afslaers behou die reg om sonder vooraf kennisgewing hierdie voorwaardes skriftelik of mondelings te wysig.
 
31. Enige bate wat ingeskryf is of wat op die dag van die veiling te koop aangebied word, is onderworpe aan die betaling van die gebruiklike kommissie deur die Verkoper aan die Afslaer, hetsy of gemelde bate op hierdie veiling of daarna uit die hand, met of sonder medewete van die Afslaers, maar a.g.v. hierdie veiling, van die hang gesit word.
 
32. Indien voertuie deur die Afslaer verkoop word, word dit uitdruklik bepaal dat die Afslaers geen waarborge lewe aangaande die registrasie en oordragdokumente van die voertuie nie en sal dit die Koper se plig wees om betaling te weerhou weens gebrek wat met die voormelde dokumente verband hou nie.
 
33. WILD: Koper bie per dier om die lot te neem.
 
34. Geen ooreenkoms strydig met hierdie verkoopsvoorwaardes is bindend tensy dit op skrif gestel is en deur ‘n Bestuurder van die Afslaers onderteken is nie.
 
35. Indien die Koper se tjeks as VT (Verwys na trekker) terug gestuur word, sal daar ‘n bedrag van R200-00 by sy rekening bygevoeg word om die bankkoste te betaal.
 
36. PREDATORE: Predator wat in hokke verkoop word sal onmiddellik na bod toegestaan is as afgelewer aan die Koper beskou word en alle risiko’s en wins of verlies t.o.v. die predatore aan die Koper oorgaan. Kopers van die predatore in hokke, moet sodanige predatore binne 14 dae na die veiling in ontvangs neem en verwyder.
 
37. WILD: Kopers is self verantwoordelik om die nodige permitte te bekom vanaf die Departemente Natuurbewaring en Veeartseny.
 
38. Bostaande voorwaardes, waar van toepassing is, is ook van toepassing op uit die hand transaksies.